Waarop moet Shafudah vandag fokus?March 27, 2025

Die begroting sal vandag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word deur finansminister Ericah Shafudah. Tydens ‘n begrotingsbespreking wat deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië aangebied is, het ekonome gesê geen nuwe planne moet ingestel word om die ekonomie te verbeter nie, maar bestaande planne moet deurgevoer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die gemeenskapsaktivis Sandy Tjaronda, wat sy mening gee oor waarop gefokus behoort te word.