Motorvervaardigers verloor N$88,4 miljard in aandeelwaarde met Trump-tarieweMarch 27, 2025

Motorvervaardigers se aandele regoor die wêreld het vandag gedaal nadat die Amerikaanse president Donald Trump 25%-tariewe gehef het op alle voertuie en buitelandse vervaardigde motoronderdele wat in die VSA ingevoer word. Volkswagen, BMW, Mercedes-Benz, Porsche en Continental het Donderdag 4,5 miljard euro of 88,4 miljard Namibiese dollar in gesamentlike markwaarde verloor, met beleggers wat paniekerig geraak het oor die vooruitsig van meer koste en kompleksiteit in ‘n bedryf wat reeds sukkel met ‘n toename van elektrifisering en hoë logistieke koste. Motorvervaardigers moet nou besluit of hulle meer produksie in die VSA wil plaas om die tariewe te vermy, die koste te aanvaar of dit aan verbruikers oor te dra. Maar sommige maatskappye het onwilligheid uitgespreek om langtermyn besluite te neem op grond van wat ‘n korttermynbeleid kan wees.