Vooruitsigte vir voertuigmark lyk goed in 2025March 26, 2025
Volgens Simonis Storm se jongste verslag het die nuwe voertuigmark in Februarie bemoedigende tekens van veerkragtigheid getoon, met 1 117 eenhede wat verkoop is. Dit was ‘n toename van 1,4 persent op ‘n jaargrondslag vanaf die 1 102 eenhede wat in Februarie 2024 verkoop is. Op ‘n maand-tot-maand-basis het verkope met 15,6 persent gestyg, bo die 966 eenhede wat in Januarie verkoop is. Februarie is geneig om ‘n stadiger maand te wees vir voertuig-verkope, wat dikwels onder 1 000 eenhede daal. Oor die afgelope drie jaar is daar egter deurlopend meer as 1 000 voertuie in Februarie verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Almandro Jansen, ‘n ekonoom by Simonis Storm, oor vooruitsigte vir die res van die jaar.