Trump stel 25% tariewe op invoere van lande wat olie by Venezuela koopMarch 25, 2025
President Donald Trump van Amerika sê dié land sal ʼn tarief van 25-persent instel op alle invoere vanuit lande wat olie of gas by Venezuela koop. Hy beweer dié land het doelbewus en op bedrieglike wyse misdadigers, insluitend geweldenaars en bendelede, na Amerika gestuur. Meer as 250 vermeende bendelede, hoofsaaklik Venezolane, is verlede week na El Salvador gedeporteer. Venezuela was verlede jaar een van die grootste buitelandse olie-verskaffers aan Amerika. Trump sê Venezuela is baie vyandig teenoor Amerika en die vryhede waarvoor hy staan.