Hardap op 68,4% na oorstromings in KalkrandMarch 25, 2025
Die Hardapdam het teen ses-uur vanoggend op 68,4 persent van kapasiteit gestaan met invloei wat op 161 kubieke meter per sekonde gemeet is. Die dam het nou net-net meer as 201 miljoen kubieke meter water. Die invloei is waarskynlik as gevolg van die gure reën wat oorstromings in Kalkrand veroorsaak het. Die dorp het 104mm tussen ses- en tienuur Maandagaand ontvang. Die bepaling van 70 persent as maksimum vir Hardap is steeds van krag omdat geen werk sedert die 2006 oorstromings gedoen is om die damwal aan te pas of die vloei van die Visrivier onder die wal, te verbeter nie.