Twee groot beleggings teen 2027 in olie- en gasbedryf verwagMarch 25, 2025
Die energieministerie het vertroue uitgespreek dat Namibië teen 2027 ten minste twee finale beleggingsbesluite in sy opkomende olie- en gassektor sal verseker. Mining and Energy berig petroleumkommissaris Maggy Shino het bevestig die oorgang van eksplorasie na produksie is besig om ‘n werklikheid te word, na ‘n reeks suksesvolle ontdekkings. Namibië se onlangse ontdekkings, insluitend die hoogs verwagte Venus-projek, sal na verwagting teen 2030 die produksiefase betree. Shino het die noodsaaklikheid beklemtoon om plaaslike kapasiteit te ontwikkel en doen ‘n beroep op die finansiële sektor om plaaslike besighede te ondersteun wat die olie- en gaswaardeketting wil betree.