Damme neem verder water in, ook HardapMarch 25, 2025

Om tien-uur vanoggend het die Hardapdam op 69,2 persent gestaan. Daar is nie ‘n risiko dat die dam se sluise getrek sal word nie omdat daar nie verdere groot invloei verwag word nie – opnames word op verskeie plekke in die opvangsgebied gedoen en vlakke het skerp gedaal. Die sentrale damme het ook gestyg teen agt-uur vanoggend met Von Bach nou op 58,3 persent. Swakoppoort is 101,2 persent vol en die sliksluise is toegetrek. Omatako het baie mooi gestyg na amper 72 persent met Oanob by Rehoboth wat om agt-uur vanoggend 58,5 persent vol was.