NNN draai nie doekies om by eerste kabinetsvergadering nieMarch 25, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar nuwe kabinet vanoggend toegespreek. Sy het melding gemaak van dienslewering en die lede se prestasies, wat elke drie maande geëvalueer sal word.
Sy het Mei-maand as die eerste sperdatum gestel vir aanpassings in prosesse om doeltreffendheid te verbeter. Sy het ministers gemaan om aanspreeklik te bly en samewerking te bied.
Sy het ook die belangrike rol van die media beklemtoon en hulle as die vierde been van die staat beskryf. Sy vra vir objektiewe, regverdige beriggewing.