Bevelvoerder van Etosha se teenstropingseenheid gee opdateringMarch 25, 2025
Stropery in die Etosha Nasionale Park is ‘n groot bekommernis. Volgens die jongste statistieke is altesaam 46 renosters, 35 swart en 11 wit, verlede jaar tot einde Oktober gestroop. In reaksie hierop werk die polisie en verskillende veiligheidsagentskappe onvermoeid om stropery in die streek te bekamp. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kommissaris Naftal Sakaria, bevelvoerder van die teen-stropingseenheid in Etosha, wat meer inligting gee oor hulle suksesse sedert die begin van die jaar.