USAid is ‘n geleentheid vir NRO’s March 24, 2025

Die Namibië Natuurstigting het nie-regeringsorganisasies by ‘n geleentheid verwelkom om Wêreld NRO-dag te vier. As gevolg van die onttrekking van USAid-finansiering aan Afrika -lande, het verskeie organisasies hul belangrikste inkomstestroom verloor. Ronny Dempers, die uitvoerende direkteur van die Namibiese Ontwikkelingstrust, het by die geleentheid gesê dat die regering sowel as organisasies dit as ‘n geleentheid moet gebruik.