Okahandja: Toe is pyp herstel, toe nie, dorp steeds sonder water March 24, 2025

Okahandja sukkel met water. Die hoof toevoerpyp, wat deur die rivier loop, is Vrydagaand reeds weggespoel en tegniese spanne moes wag vir die water om af te loop voor dit herstel kon word. Teen Sondagaand was daar hoop vir ‘n herstel en sommige dele van die dorp het weer water gehad. Toe is nog ‘n breuk in die pyp gevind. Intussen is watertenks ontplooi en die dorp is steeds sonder water. Daar is talle beroepe vir die munisipaliteit om die kwessie op te los deur die pyp te lig en teen die brug te vestig omdat dit ‘n herhaaldelike probleem is na swaar reën. Water sal teen die vroegste vanmiddag om vyf herstel wees.