Hardap se inwoners juig, maar hulle is nie alleen nie March 24, 2025

Die uiters goeie reën oor die afgelope paar dae oorheers die plaaslike nuustoneel met Namibiërs wat juig. Die grootste sukses is natuurlik die kritieke Hardapdam wat miljoene kubieke meter water ingeneem het – die Vis stel mos nooit teleur nie… Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voorsitter van die Hardap-boerevereniging, Dawie de Klerk. 

Die maksimum kapasiteit van 70 persent vir Hardap is steeds van krag. NamWater se jongste dambulletin word namiddag verwag maar teen Sondagoggend het die ander damme as volg gestaan: 

Von Bach: 58,1% 

Omatako:46,2% 

Swakoppoort: 103% 

Otjivero: 5%, met die slikdam op 2,7% 

Oanob: 52,6% 

Omdel: 8,3% 

Neckartal: 84,2% 

Naute: 54,7%