NLU sê oor peiling, Cran vergaderingMarch 24, 2025

Die Namibiese Landbou-unie het terugvoer van sy internet-toegangpeiling en sy vergardering met ander unies en Cran gegee. Luidens sy peiling, waaraan 1 900 deelgeneem het, het slegs 40,7 persent van die respondente telefoon verbinding en slegs 46 persent het internet verbinding. ‘n Totaal van 91,9 persent van respondente het of geen of baie beperkte telekommunikasie met slegs 8,1 persent wat tevrede is met hulle fasiliteite. Cran sê die lynminister, Emma Theofelus oorweeg nog Starlink se aansoek en die NLU sê op sy beurt hy het na Telecom uitgereik met die meeste respondente wat sy WiMax diens gebruik. Telecom sê die diens sal binnekort, oor so twee jaar, nie meer beskikbaar wees nie wat 9 000 kliënte sal raak. Lede van die publiek word aangemoedig om van Cran se klagte-lyn gebruik te maak. Maria Uushona kan by mandimba@cran.na gekontak word. Die NLU vra dat hy ingesluit word by nau@nau.com.na