Pous moet ‘weer leer praat’March 22, 2025

Pous Franciskus is stadig besig om sy krag in die hospitaal te herwin, maar moet weer leer praat ná langdurige gebruik van hoëvloei suurstofterapie, het die Vatikaan Vrydag gesê. Bespiegelinge dat die pous sou uittree, is ook ontken. Die 88-jarige pous is reeds vyf weke in ‘n hospitaal in Rome waar hy vir dubbele longontsteking behandel word. Dit is nog nie bekend wanneer die pous ontslaan sal word nie.