Proteas speel eers in Oktober 2026 weer tuisMarch 21, 2025

Krieket: Krieket Suid-Afrika het aangekondig dat die Proteas geen toetse in die land gaan speel oor die feestyd nie. Hulle het ‘n taai witbal-skedule met die SA20 wat die vernaamste aantrekking gaan wees aangesien die vierde seisoen vervroeg is en op 26 Desember begin. Die Proteas speel vanaf 27 Januarie ‘n reeks van vyf T20’s teen die Windies voor die T20-Wêreldbekertoernooi in Indië en Sri Lanka. Hulle volgende toets in Suid-Afrika is eers in Oktober volgende jaar teen Australië.