Boks terug by Olimpiese SpeleMarch 21, 2025

Olimpiese Spele: Boks gaan teenwoordig wees op 2028 se Spele in Los Angeles nadat lede van die Internasionale Olimpiese Komitee eenparig het ten gunste daarvan gestem het. Dit beëindig jare se onsekerheid oor die sport se Olimpiese toekoms. Die insluiting volg nadat die IOK die bokskompetisie hanteer het op verlede jaar se Spele in Parys nadat hy die Internasionale Boksvereniging sy erkenning ontneem het oor versuim om te hervorm. Wêreldboks is intussen gestig, wat oor drie jaar in beheer gaan wees van die sport in die Amerikaanse stad.