Starmer het kommer oor hervatting van geweld in GazaMarch 20, 2025
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Keir Starmer, sê hy is diep bekommerd oor die hervatting van Israel se militêre optrede in Gaza. Israel het vroeër die week ʼn reeks lugaanvalle in Gaza uitgevoer waarin meer as 430 mense dood is. Dit beteken die einde van die wankelrige skietstilstand wat sedert Januarie gegeld het. Starmer maan alle partye om dringend terug te keer na die onderhandelingstafel om die skietstilstandooreenkoms ten volle in te stel en hulle vir vrede te beywer: