Nsfaf se integrasie by ministerie het positiewes maar o wee, die skuldMarch 20, 2025
Die Namibiese Studente Hulpfonds, Nsfaf, gaan in die hoër onderwysministerie geïntegreer word en die wetsontwerp daaroor is in die komiteefase in die parlement bespreek. Hoër onderwys-minister Itah Kandji-Murangi het die voordele van die integrasie uitgelig, veral soomlose finansiering vir studente. Uitstaande skuld is egter steeds ‘n probleem, aangesien meeste graduandi sukkel om werk te kry of lae salarisse verdien, en nie terugbetalings kan bekostig nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels wat sê die skuld-scenario sal nie verander nie, maar daar is positiewes.