Verbod op kosprodukte wat dagga bevat sal duisende sake raakMarch 19, 2025

Die DA is sterk gekant teen die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se publikasie van regulasies wat ‘n verbod plaas op voedsel wat van hennep en dagga afkomstig is. Die regulasies in die Staatskoerant is ingevolge die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels van 1972 en verbied alle voedsel met bestanddele afkomstig van dagga, hennepsaadolie of hennepsaadmeel. DA-woordvoerder Michele Clarke sê die verbod bedreig meer as 1 400 gelisensieerde ondernemings en 400 klein, medium en mikro-ondernemings.