Mexikostad verbied gewelddadige stiergevegteMarch 19, 2025
Mexikostad se Kongres het tradisionele stiergevegte verbied, en dit vervang met ‘n bloedlose skouspel. Dit is die jongste episode in ‘n jare-lange regstryd om die praktyk te verbied. Die stad se stiergeveg arena, Plaza México, is met 42 000 sitplekke die grootste ter wêreld en kan steeds stiergevegte aanbied, maar sonder geweld. Matadors mag nie meer hul lanse, spiese en slanke swaarde vir die doodsteek gebruik nie, maar net die mantels waarmee hulle die bulle uitlok. Die horings van die bul sal ook beskerm word om beserings aan die matador of ander diere te voorkom. Die bulle mag ook nie binne of buite die arena doodgemaak word nie.