Vermeende hondeslagters verskyn weer in MeiMarch 18, 2025
Die saak van die vier hondeslagters is vandag op Swakopmund uitgestel tot 12 Mei uitgestel. Die vier waarby vier, Seth Skrywer, Lourens Nanub en Mariando Bloedstaan, saam met ‘n 12-jarige word daarvan aangekla dat hulle op 1 Februarie ‘n Rottweiler, Ragnar gesteel en geslag het en aan ‘n kapanahandelaar verkoop het. Die hof het vandag beveel dat die 12-jarige seun môre met ‘n maatskaplike werker moet praat. Al drie mans is op 4 Februarie borg van 3 000 Namibiese dollar toegestaan maar net Skrywer kon dit betaal. Die seun is onder sy ouers se toesig vrygelaat.