Lüderitz Kreeffees vanjaar groter, meer pret as ooit!March 18, 2025
Die 18de Lüderitz Kreeffees word van 29 April tot 5 Mei gehou onder die tema “beskerming van ons oseaan-rykdomme”. Die geleentheid vier Lüderitz se seekosbedryf met vermaak, kulturele uitstallings en sakegeleenthede. Feesgangers kan uitsien na musiek, komedie, uitstallings, ‘n skoonheidskompetisie en vars krewe. Die fees speel ‘n belangrike rol in die bevordering van plaaslike besighede en toerisme. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lüderitz burgemeester Phil Balhao oor vanjaar se fees.