Dercksen teken kontrak met Krieket SAMarch 18, 2025
Die Internasionale Krieketraad se ontluikende speler van die jaar, Annerie Dercksen, het haar eerste nasionale kontrak met Krieket Suid-Afrika losgeslaan. Die 23-jarige vervang Lara Goodall and Delmi Tucker op die lys van 15 gekontrakteerde spelers. Onder die ander spelers wat vir die 2025/’26-seisoen gekontrakteer is, is kaptein Laura Wolvaardt, Ayanda Hlubi, Sinalo Jafta, Ayabonga Khaka, Suné Luus and Anneke Bosch. Die Proteas-vroue berei voor vir ‘n belangrike jaar wat sy hoogtepunt bereik met die eendag-Wêreldbekertoernooi wat in Oktober in Indië begin.