Na 9 maande is ruimtevaarders op pad terug aarde toeMarch 17, 2025

Die Amerikaanse ruimtevaarders Butch Wilmore en Suni Williams keer môre terug aarde toe nadat hulle vir nege maande op die Internasionale Ruimtestasie gestrand was. Hulle sou aanvanklik net vir agt dae in die ruimte wees, maar is sedert Junie verlede jaar gestrand toe hulle Boeing Starliner-ruimtetuig aandrywingsprobleme ondervind het en die voertuig ongeskik verklaar is om hulle na die aarde terug te bring. Wilmore en Williams sal saam met ‘n Amerikaanse en ‘n Russiese ruimtevaarder met die SpaceX Crew Dragon terugkeer wat gister by die ruimtestasie aangekom het.