Jack Draper spring sewe plekke op ATP-ranglysMarch 17, 2025

Tennis: Die Brit Jack Draper het sewe plekke opgeskuif tot sewende op die jongste wêreldranglys nadat hy gister die Indian Wells Meesters-titel verower het. Die voormalige nommer een Novak Djokovic van Serwië het met twee plekke tot vyfde verbeter. Die geskorste Italianer, Jannik Sinner is steeds eerste, gevolg deur die Duitser Alexander Zverev, Carlos Alcaraz van Spanje en die Amerikaner Taylor Fritz. Casper Ruud van Noorweë is sesde, die Rus Daniil Medvedev het twee plekke tot agtste teruggesak, gevolg deur sy landgenoot Andrey Rublev, met Stefanos Tsitsipas van Griekeland wat die toptien voltooi.