Huishoudelike inkomste- en uitgawes sensus op padMarch 17, 2025

Die Namibië Statistiek-agentskap gaan ‘n huishoudelike inkomste- en uitgawes sensus hou vanaf 24 Maart tot 16 Maart volgende jaar in al 14 streke. Sensusbeamptes sal uitgeken word aan hulle agentskap identiteitskaarte, uniforms en handelsmerke op hul voertuie. Inwoners word versoek om saam te werk en akkurate inligting te verskaf, aangesien die gegewens noodsaaklik is vir die beoordeling van armoede, ongelykheid en sosio-ekonomiese neigings. Alle inligting wat ingesamel word, sal vertroulik bly en slegs vir statistiese doeleindes gebruik word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Brian Black, die nasionale voorsitter van die IPC, wat almal aanmoedig om deel te neem aan die belangrike sensus.