Streng maatreëls teen cholera in NamibiëMarch 16, 2025

Die gesondheidministerie het ‘n cholera-geval in die Kunene-streek bevestig – die eerste een in die land in 10 jaar. Die ministerie beklemtoon dat sterk maatreëls in plek is om die situasie te bestuur. Volgens berigte is daar tans ‘n cholera-uitbreking in die suide van Angola. Kosmos 94.1 Nuus het met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, gepraat.