SA-kabinet verwelkom uitspraak oor Bushiri-egpaar March 14, 2025

Die kabinet het ‘n Malawiese hof se uitspraak verwelkom om die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, aan Suid-Afrika uit te lewer. Hulle staan tereg op verskeie strafregtelike aanklagte, insluitend verkragting en finansiële misdade. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê ondanks die Bushiris se voorneme om te appelleer, is die regering vol vertroue oor die saak en werk saam met Interpol om te verseker die beskuldigdes word teruggestuur om verhoor te word.