San by verre die mees gemarginaliseerde gemeenskap  March 14, 2025

Die Otjozondjupa-streek het die hoogste aantal gemarginaliseerde kinders  wat by sentrums vir vroeë kinderontwikkeling ingeskryf is, aangeteken. Daar is 715 en dit word toegeskryf aan die groot aantal gemarginaliseerde gemeenskappe in die streek. Omaheke het 665 en Kunene 502. Landswyd is daar 3 656, waarvan die meerderheid van 3 221 uit die San-gemeenskap kom. Daarteenoor kom slegs 65 kinders uit die Ovahimba, die Ovatue- en Ovatjimba-gemeenskappe, wat ongelykhede in gemeenskapsverteenwoordiging en -inskrywing beklemtoon.