Oppas vir swaar reën, kitsvloede, gewas- en veeverlieseMarch 13, 2025

Die Namibië Meteorologiese Diens vra die publiek om baie versigtig te wees, weens diep tropiese vog wat van môre tot die naweek oor die binneland gaan ontwikkel. Wydverspreide swaar donderstorms word verwag in die noord-westelike en sentrale noordelike streke, asook die Otjozondjupa-, Omaheke-, Khomas-, oostelike Hardap- en oostelike Karas-streke van môre af en oor die naweek. Gelokaliseerde kitsvloede, verkeersopeenhopings en ‘n risiko vir gewasskade en veeverliese word verwag.