Knopvelsiekte-ingeënte diere kan nou vervoer wordMarch 13, 2025
Vanaf vandag word vervoer vir diere wat teen knopvelsiekte ingeënt is toegelaat. Die landbouministerie sukkel reeds ‘n geruime tyd met die siekte en teen middel Februarie was ongeveer 28 000 diere deur die ministerie ingeënt terwyl kommersiële boere hulle eie las moes dra. Die uitvoer van diere word steeds alleenlik 21 dae na inenting toegelaat. Sedert knopvelsiekte verlede Junie by Okakarara aangemeld is en na Omaheke, die twee Kavango-streke, Zambezi, Ohangwena, Oshana, Oshikoto en Kunene versprei het, was meer as 1 500 bevestigde gevalle met amper 500 vrektes.