Brandstof op of laag by sommige NWR-pompeMarch 13, 2025
Toeriste wat in die Etosha Nasionale Park reis kla oor ‘n gebrek aan beide petrol en diesel, veral by Namutoni en Okaukuejo. Volgens berigte was daar die afgelope vyf of ses dae min tot geen brandstof beskikbaar nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nelson Ashipala, Namibia Wildlife Resorts se woordvoerder, wat die situasie bevestig en meer inligting oor ander geraakte gebiede gee.