Nederland klop Richelieu Eagles met 7 paaltjiesMarch 13, 2025

Nederland het die Richelieu Eagles met sewe paaltjies geklop met 78 balle oor in hul IKR Wêreldbeker Liga 2-kragmeting. Die Eagles is vir 148 uitgeboul in 44,5 boulbeurte, met kaptein Gerhard Erasmus wat die hoogste telling van 63 aangeteken het. Erasmus het ook die Namibiese rekord vir aantal sesse in eendag-wedstryde verbeter na 51. Nederland het net 37 boulbeurte nodig gehad om 153 vir drie aan te teken. Die Eagles speel Saterdag teen Kanada, ook by Wanderers.