Nakop se ligte is aanMarch 12, 2025

Kolonel Eugene van Kratenberg, bevelvoerder van die Nakop-grenspos op die suidoostelike grens van Namibië, sê kragtoevoer is herstel by die grenspos. Dit kom na vertragings van ure na die krag afgegaan het en alle reisigers met die hand geprosesseer moes word. Van Kratenberg het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Hy voeg by dat die grenspos nie gesluit was nie en veral veevervoer is bygestaan, sowel as reisigers. Net vragvervoer is geraak.