Struikelblok in Menendez-broers se pogings vir vryheidMarch 11, 2025
Die distriksprokureur in Los Angeles, Nathan Hochman, sê hy staan Erik en Lyle Menendez se pogings om uit die tronk vrygelaat teen en sê die broers het nie hulle ouers in 1989 uit selfverdediging gemoor nie. Hochman het die hof gevra om ‘n mosie wat verlede jaar deur sy voorganger ingedien is, wat bepleit het dat die broers ‘n vonnis kry wat hulle vir parool in aanmerking sou maak, terug te trek. Die hof kan steeds voortgaan met die ou aansoek op 20 Maart maar die aansoek dreig om die pogings te ontspoor. Die broers, wat lewenslange vonnisse uitdien sonder die moontlikheid van parool, het in 2023 ‘n drieledige regspoging van stapel gestuur om hul vrylating te soek: ‘n versoek om genade aan goewerneur Gavin Newsom, ‘n petisie vir ‘n aangepaste vonnis wat hulle parool sou toelaat, en ‘n oproep vir ‘n nuwe verhoor gebaseer op eise van nuwe bewyse.