Statebonddag vanoggend in hoofstad herdenkMarch 10, 2025
Dit is vandag Statebonddag, ‘n jaarlikse herdenking van die Statebond van Nasies. Daar is 56 lande binne die Statebond, wat saamwerk vir voorspoed, demokrasie en vrede. Statebondsdag word deur 2,5 miljard mense in Statebondlande regoor die wêreld gevier. Die tema vir 2025 is “Saam floreer ons”. By die herdenking in die Parlementstuine vanoggend het die Britse Hoë Kommissaris Charles Moore, gesê die tema pas mooi saam met Namibië wat sy eerste vroulike president sal inhuldig…