Vis- en Khanriviere loop, goeie reënval tot in SuideMarch 9, 2025
Verslae van goeie reënval vanaf die noordweste van die land regdeur tot die Suide stroom in. Volgens berigte loop die Swakoprivier by Goanikontes, en die kombuis en restaurant by die Spitzkoppe-tentkamp het oorstroom. Die Khan- en Visriviere loop ook, volgens plasings op sosiale media. Die grond onder ‘n deel van die treinspoor in die Usakos-omgewing is volgens ‘n plasing weggekalwe, maar geen ander berigte van skade is tot dusver ontvang nie.