Agt cholera gevalle nou bevestigJune 19, 2025
Die gesondheidsministerie sê ’n totaal van agt vermeende cholera-gevalle is aangemeld, met ses op Opuwo, insluitend een sterfgeval, wat uit dieselfde huishouding kom. Twee ander gevalle is van twee nedersettings naby Opuwo. Die vyf oorblywende gevalle uit dieselfde huishouding is almal in ’n stabiele toestand in ’n isolasie-afdeling by die Opuwo-distrikshospitaal. Toetse bevestig die stam is Vibrio cholerae 01 wat bekend is daarvoor dat dit uitbrekings veroorsaak, wat die dringende behoefte aan vinnige en besliste optrede beklemtoon om die verspreiding van die siekte te beperk. Die gevalle is almal van plaaslike oorsprong.