Vrouedag: Ons waardeer julle, Namibiese vroue!March 8, 2025

Internasionale vrouedag val jaarliks op 8 Maart en is deel van die Vroue-geskiedenismaand. Die wêreldwye viering is toegewyd aan die erkenning van vroue se prestasies, sowel as om bewustheid vir gelykheid te verhoog. Die dag vier vroue en spreek kwessies aan soos vroueregte, asook geslagsbaseerde geweld en voortplantingsregte. Kosmos 94.1 Nuus het met mans van alle ouderdomme gesels wat hulle siening oor die belangrikheid van vroue in Namibië deel.