Elektrisiteitsminister gaan fase-3 beurtkrag verduidelikMarch 8, 2025
Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sal vandag die jongste inligting verskaf oor kragopwekking terwyl Suid-Afrika steeds fase 3-beurtkrag trotseer. Eskom skryf die situasie toe aan die onverwagte uitskakeling van Koeberg se eenheid-2 en steenkoolvoorsieningskwessies wat twee eenhede van Kusile raak. Die kragvoorsiener beplan om teen Maandag 6 200 MegaWatt terug te plaas in die stelsel terwyl noodreserwes oor die naweek aangevul word. Vordering en verdere herstelplanne sal na verwagting uiteengesit word.