Benede-Oranje vloei effe hoër na ingrypingMarch 7, 2025

Ondanks die goeie reënval in baie gebiede, word die negatiewe gevolge van die vorige swak reënseisoen steeds gevoel. Die watervlakke in die noordoostelike riviere het geleidelik gestyg, maar was baie laag by Blouputs en Sendelingsdrift aan die Benede Oranjerivier, en het op ‘n stadium onder 30 centimeter gemeet. Die hoofhidroloog van die Namibiese Hidrologiese Dienste, Pauline Mufeti, het voorheen gesê dat hulle Suid-Afrika gevra het om water uit die Vanderkloofdam vry te laat. Kosmos 94.1 Nuus het met Mufeti gesels, wat ‘n opdatering gee.