Ruacana werk volstoom, oortref historiese gemiddelde produksieMarch 8, 2025
Die Ruacana kragstasie werk sedert Desember teen maksimum beskikbare kapasiteit, danksy verhoogde watervloei in die Kunene-rivier, volgens NamPower se besturende direkteur Kahenge Haulofu. Hy sê die kragstasie het vanaf Julie verlede jaar tot 6 Maart meer as 1,15 gigawatt-uur se elektrisiteit opgewek, wat die historiese gemiddelde produksie oortref. Haulofu sê die Ruacana-omgewing kry tans broodnodige goeie reënval na die droogte, en die kragopwekking verskaf betroubare kragvoorsiening in ‘n kritiese tydperk.