Eto’o mag aan CAF se verkiesing deelneemMarch 8, 2025

Sokker: Die voormalige Kameroense legende Samuel Eto’o se naam sal verskyn as een van die kandidate vir volgende week se verkiesing vir die uitvoerende komitee van die Afrika-beheerliggaam, CAF. Eto’o, ‘n viermalige Afrika speler van die jaar, is al drie keer sonder enige rede deur die Konfederasie van Afrikasokker uitgesluit. Dit volg nadat CAF asook die wêreldbeheerliggaam, FIFA hom verlede jaar geskors het omdat hy blykbaar wedstrydbeamptes verbaal aangeval het, en etiese en integriteitstandaarde oortree het. Eto’o het by die Hof vir Arbitrasie in Sport geappeleer en CAF se besluit is omgekeer.