Massiewe Russiese aanvalle op Oekraïne duur voortMarch 8, 2025
Russiese oornag-aanvalle op Oekraïne het minstens 11 mense in Dobropillia doodgemaak, met vyf kinders onder die 30 gewondes. Rusland het ook sowat 70 kruiser- en ballistiese missiele en byna 200 aanval-hommeltuie gebruik om krag-fasiliteite te teiken. Amerikaanse president Donald Trump sê Russiese president Vladimir Putin het gedoen wat enigiemand sou doen, na die VSA belangrike intelligensie en militêre hulp aan Kiëf afgesny het. Trump het aan verslaggewers in die Oval Office gesê hy vind dit makliker om met Rusland te werk as Oekraïne en dat Putin die oorlog wil beëindig.