Ruacana neem effe afMarch 7, 2025

Suid-Afrika het water van Vanderkloofdam vrygestel en die benede-Oranje by Blouputs staan tans op 0,57 meter met Sendelingsdrif op 0,37. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê verder dat die Kunene-rivier se vloei by Ruacana verder afgeneem het na 313,1 kubieke meter per sekonde. By Rundu is die Okavango-rivier op 6,87 meter en by Katima Mulilo is die Zambezi-rivier op 1,84 meter gemeet. In die Cuvelai is Okatana op 0,62 meter gemeet.