Drie vas, twee soek na gewapende roof op OkahandjaMarch 7, 2025

Drie mans is in hegtenis geneem in verband met ‘n gewapende roof wat Donderdagaand by Nau-Aib, Okahandja plaasgevind het, terwyl twee nog op vrye voet is. Die mans, tussen 28 en 30 jaar oud, het 37 pakke biltong en kontant van 21 500 Namibiese dollar gesteel. Volgens NamPol was ‘n 58-jarige sakevrou besig om haar besigheid te sluit en terug te keer huis toe. Toe sy by haar erf inry, is sy deur ‘n verdagte genader wat kontant geëis het. Toe sy verklaar dat sy niks het nie, het hy haar geklap. Sy is later in die huis gedwing en met ‘n pistool aangerand. Skote is in die lug afgevuur en die rowers het met die geld en biltong gevlug. Ná vinnige optrede deur NamPol se ernstige misdaad-eenheid, is drie verdagtes by die Okapuka-padblokkade in hegtenis geneem.