Beijing waarsku oor groot moonthede wat kleineres boelieMarch 7, 2025

Beijing sal Amerikaanse druk op tariewe en die fentanielkwessie teëwerk volgens China se minister van buitelandse sake. Wang Yi voeg by dat groot moondhede nie die kleineres moet boelie nie. Hy het China voorgehou as ‘n betroubare wêreldmoondheid te midde van geopolitieke onrus en die Amerikaanse president Donald Trump se onttrekking aan internasionale instellings. Kenners meen dit is ‘n duidelik beroep op Europa en lande in die globale suide. Sy aanmerkings kom na ‘n bykomende 10 persent tarief op Chinese invoere gehef is deur die VSA.