Tronke, polisiebarakke moet opgeknap wordMarch 6, 2025

Die parlementêre staande komitee wat verdediging, buitelandse sake en sekuriteit ondersoek sê die land se gevangenisse kort dringend aandag. Nie net moet infrastruktuur opgeknap word nie, daar is ook sanitasie probleme, kragtekorte en meer. Die komitee het ook bevind dat oorbevolking die regte van aangehoudenes skend. Maar, polisiebeamptes se behuising het ook dringend aandag nodig met vervalle infrastruktuur en ander uitdagings. Die komitee se verslag sê daar is verval in die infrastruktuur in al die streke regoor die land en aandag is dringend nodig.