Duitsland het hulp van N$32 miljard aan Namibië gegeeMarch 6, 2025
Die Duitse ambassade in Namibië sê dat Duitsland meer as 32 miljard Namibiese dollar in ontwikkelingsbystand aan die land verskaf het deur sy implementeringsagentskappe. Duitse ambassadeur Thorsten Hutter sê hulle befonds tans 60 aktiewe projekte wat daarop gemik is om Namibië se ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te ondersteun. Die huidige portefeulje bestaan uit ongeveer 60 projekte wat ‘n mengsel van toelaes en voorkeurlenings. Bystand en ondersteuning word gegee vir infrastruktuurontwikkeling, omgewingsbewaring, beroepsopleiding, hernubare energie, bestuur en volhoubare stedelike ontwikkeling, natuurlike hulpbronbestuur en geologiese navorsing.