Wat gaan aan in Namdia-saak, wil Venaani in NV weetMarch 5, 2025

Parlementslede is druk besig in die Nasionale Vergadering voor die sewende parlement op 19 Maart ontbind. Vandag het lede hulle vrae aan ministers uitgelig. Die PDM het gefokus op die koste van staatsbegrafnisse sowel as die dodelike rooftog by Namdia. Die president van die PDM, McHenry Venaani, het eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila vir ‘n dringende opdatering oor Namdia gevra.

TERUG: Kuugongelwa-Amadhila het geantwoord dat hy die vraag moet uittik en so inhandig voor dit beantwoord sal word.